#Covid-19-noodleniging

Help om ons krisis met ‘n lae voorraad in ons koskaste en bergplekke by die kinderhuis tydens die Covid-19-pandemie te voorkom.

#Covid-19-noodleniging

Vul die onderstaande vorm in en help ons.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Die finansiële impak van die jongste Covid-19-golf en uitgebreide nasionale Covid-19-inperking op die Abraham Kriel-kinderhuis in Nylstroom (AKK Nylstroom) het ʼn ernstige las geword.

Daar is tans min voorraad in ons koskaste en bergplekke vir 15 huise vir 170 kinders.

Die finansiële steun wat ons van die regering ontvang, het drie maande laat gekom. Om vir die tekort aan fondse te vergoed, is ʼn noodfonds vir kinders geskep om die finansiële impak van die jongste Covid-19-golf te beperk en dit veilig vir ons kinders in ʼn krisistyd te maak. Die AKK Nylstroom beplan om soveel moontlik Suid-Afrikaners te kry om maandeliks met ʼn klein skenking tot die fonds by te dra.

Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom (AKK) sorg vir 170 kinders. Die staat finansier tans minder as 50% van hierdie kinders se behoeftes. Ons kinders het u hulp nodig in hierdie onsekere tye.

Die AKK Nylstroom het noodlenigingsmaatreëls in plek, onder andere die stig van ʼn noodfonds vir kinders om hoop te herstel en ons benarde situasie te verbeter. Hierdie plan is van stapel gestuur nadat die AKK Nylstroom ʼn verslag aan die minister in die presidensie gestuur het waarin die huidige finansiële posisie van die kinderhuis uiteengesit word.

In hierdie tyd bly ons as Christene verantwoordelik vir die kwesbare kinders in ons gemeenskap.